News / Oosboschstraat se frustrasie

EK wil graag my mening uitspreek in verband met Laurence Lombard se klagte oor die bottelnek wat veroorsaak word deur die verkeerde rigtingwysers in die pad oor die spoorwegbrug.

Dit is uiters frustrerend om in die linkerbaan te sit en sien hoe menige voertuie voor indruk terwyl die robot menige kere oorslaan.

Die merke op albei lane is verkeerd, die linkerbaan moet net wys reguit verkeer en die regterbaan moet net wys regsdraai in Alkmaarstraat.

Ek persoonlik gebruik hierdie pad ongeveer vyf keer per dag. En soos reeds genoem is dit nie net vir my ’n frustrasie nie, maar die bestuurders van ander plekke is verstom as hulle voor kom in die regterbaan en dan besef hulle moes eintlik in die linkerbaan gewees het, want nou moet hulle die bestuurder in die linkerbaan smeek om vir hom plek te maak.

Ek voorsien dat kort voor lank gaan iemand net weier om plek te gee en gaan ons ’n geval van padwoede of ’n ongeluk op hande hê.

 

Gefrustreerde bestuurder

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs