DIT lyk my die pyltjies in Oosboschstraat lei nou na straatwoede.
Op Vrydag die 13de (ja dit was seker ’n voorbode) het ek in Oosboschstraat se binnebaan gestop. Daar het reeds twee voertuie voor my gestaan.
Ek het ’n getoet agter my gehoor en in my tru-spieël gesien dat ’n dame met ’n silwer Mercedes met ’n GP nommerplaat baie ongelukkig is met my.
Toe ek weer sien, maak sy haar deur oop en klim uit. Sy het my gevra wat ek daar maak, ek het gesê die pyle wys in die baan waar ek staan kan ek reguit aanry of regs uitdraai.
Die vrou het net daar my voertuig afgeskakel, die sleutel uitgehaal (hoewel ek haar probeer keer het) en dit oor die pad gegooi na die anderkant - net omdat ek haar verbygegaan het.
Sy jaag toe weg, baie belangrik en heel tevrede dat sy my ’n punt gewys het. Ek moes dokter toe gaan vir skok behandeling
My arm was ook seer, want sy het my nog vasgehou toe ek wou keer dat sy my voertuigsleutel neem. Watter skokkende (en dalk rassistiese?) optrede!
Verstom