Home / Duur klankie by riool se herstelwerk

OPPAS as jou riool verstop en jy die munisipale noodnommer bel.

Die munisipale dienste se mense kuier lekker op jou grond so ’n halfuur, werk so tien minute en siedaar ’n rekening van so R640! Lekker geld maak Drakenstein?

 

Inwoner

 

May Carolissen, munisipale woordvoerder, reageer:

Die Raad het ’n standaard na-ure tarief van R649,30 vir die verwydering van rioolverstoppings. Die tarief gedurende werksure is R491,30.

Dit is gebaseer op die gemiddelde koste om ’n verstopping te verwyder.

Afhangende van wat die verstopping veroorsaak het, kan dit ’n langer of korter tyd neem as wat bereken is.

Die koste word bereken ten opsigte van die tyd wat personeel daaraan spandeer en voertuigkoste (km afgelê).

Indien die werk ná normale werksure plaasvind is oortyd ook betaalbaar.

Die verstopping word op versoek van die Munisipaliteit verwyder.

Huisbewoners kan egter ook van die dienste van ’n private kontrakteur gebruik maak, indien hul so verkies.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs