Home / Vodacom sê jammer

Ek verwys na die brief “Vodacom stel my baie teleur” in die Paarl Post van 26 Januarie waarin Ongelukkige Kliënt kla dat hy teleurgesteld is in die Vodacom-winkel in Paarl Mall.

Hy het sy foon op 16 Desember ingelewer vir herstelwerk en teen 12 Januarie steeds sonder foon gesit.

Nadat sy klagte onder ons aandag gebring is, is daar kontak gemaak met die kliënt om hom in kennis te stel van die status van die foon.

Die kliënt het sy foon ontvang op Vrydag 27 Januarie en ons het bevestig met die kliënt dat die foon 100% werk.

Die maatskappy het een maand gratis subskripsie aan die kliënt gegee weens die ongerief.

Ander klagtes wat later per SMS na die Paarl Post gestuur is, is ook opgevolg en uitgesorteer.

Ons betreur dié probleme waaroor kliënte kla, en probeer dit regstel.

 

Tremaine Boer

Vodashop Tygervalley Group

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs