News / Nuwe motorgids sien die lig in die Paarl Post

PAARL POST en ons susterkoerante in Boland Media stel op 16 Februarie ’n splinternuwe motorbylaag bekend wat weekliks sal verskyn.

Dit sal bekend staan as Auto Sold Boland en dek die gebiede Paarl, Wellington, Franschhoek, Stellenbosch, Somerset-Wes en Hermanus in samewerking met die susterkoerante van Boland Media (DistriksPos in Somerset-Wes, Eikestadnuus en Hermanus Times.

Auto Sold, die opvolger van Boland Auto Dealer wat maandeliks verskyn het, sal eksklusief binne hierdie vier koerante verskyn. Boland Media wil Auto Sold Boland die grootste en beste motorgids in die Boland maak, met ’n baie hoë markpenetrasie met behulp van hierdie bekende publikasies (’n plaaslike markpenetrasie van meer as 70%).

BSM gaan benewens motoradvertensies (nuwe sowel as gebruikte voertuie) ook diepte-artikels aanbied oor nuwe voertuigvrystellings.

Adverteerders kry uitstekende markdekking in die betrokke gebied, teen ’n billike tarief en met ’n meer gereelde publikasiedatum.

Die tariewe is laer as dié van die Boland Auto Dealer weens die hoër frekwensie waarteen dit sal verskyn.

Om in die eerste uitgawe te adverteer, kontak Ilse Fourie by 021 870 4601 of ads@paarlpost voor Maandag 13:00.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs