Home / Boishaai se atlete goed op dreef

VERSKEIE atlete van Boishaai het verlede Vrydagaand tydens hul 40ste Uitnodigingsatletiekbyeenkoms op die Brugstraat-baan gewys dat hulle hierdie seisoen op hoër louere kan aanspraak maak.

Hulle het meegeding teen seunskole soos SACS, Rondebosch, Wynberg, Drostdy en Paul Roos en uit die 49 items met 25 eerste plekke, 20 tweede plekke en 7 derde plekke weggestap.

Die o.17-veldatleet, Thomas du Toit, het in gewigstoot, hamergooi en skyfwerp koning gekraai en met die hamergooi-poging (945 tabelpunte) die titel van beste veldatleet verower.

Wikus Groenewald, o.15- veldatleet, het ook in sy ouderdomsgroep dieselfde as Du Toit vermag en met die eerste plekke weggestap.

Die atlete wat in die onderskeie ouderdomsgroepe die beste gevaar het (eerste drie plekke) en die meeste tabelpunte opgestapel het, is (o.14) Gianni Lombard (100 mH - 806 en 100 m - 715), Manual Ross (100 mH - 764). (o.15) Wikus Groenewald (gewigstoot - 865, hamergooi - 838 en skyfwerp - 825). (o.16) Ruan Gomes (400 mH - 777, 400 m - 736) en Zach Snyman (110 mH - 739). (o.17) Thomas du Toit (hamergooi - 945, gewigstoot - 861 en skyfwerp - 829) en (o.19) Niel Maritz (110 mH - 819) en Craig du Plessis (100 m en 200 m beide 790).

Khanya Ncusane het die o.14 300 mH gewen in ’n nuwe rekordtyd van 34,9 sek.

  COMMENTS 
 
Mordaunt wrote:   
2012-02-13 11:47

Nie alleen het Boishaai besonder goed gevaar in die atletiek nie maar is ook die Boland T20 krieket kampioen en, nadat hulle Rondebosch (die WP top T20 span) geklop het, die Wes Kaap T20 krieket kampioen. Die afgelope naweek het die Boishaai muurbalspan in Bloemfontein afgereken met Grey Bloem. , Selborne en Westville terwyl hulle gelykop gespeel het met Menlopark. Voorwaar sport prestasies om op trots te wees!
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs