Home / Hugenote-atlete skitter

VERSKEIE atlete van Hugenote Hoërskool het skitterende prestasies gelewer by die jaarlikse PMW-atletiekbyeenkoms waar Hugenote meeding teen La Rochelle, Boland Landbouskool, Swartland en Worcester Gimnasium.

Hugenote het 11 goue medaljes verower en atlete van die skool het nege rekords opgestel.

Tarinka Truter (dogters 19 jaar) en Curtley Jacobs (seuns 14 jaar) het die beste prestasies in hulle ouderdomsgroepe behaal.

Die atlete wat rekords verbeter het, is Tarinka Truter, o.19 dogters (skyfwerp 36,26 m, gewigstoot 10,13), Gloudien van Zyl o.19 dogters (spiesgooi 35,77), Rouxné de Beer o.19 dogters (hoogspring 1,44), Daylan Samuels o.19 seuns (200 m - 21.90), Dehan Diedericks o.19 seuns (driesprong - 13,08), Jason le Roux o.17 seuns (spiesgooi 56,30) en Curtley Jacobs o.14 seuns (100 mH 15,40) en die o.19 Seuns (4 x 100 m aflos 43.5 - Daylan Samuels, Dehan Diedericks, Robin le Cordeur en Theo Frantz).

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs