Home / Leefstylkalender

* Karnaval. Windmeul Primêr hou op 10 en 11 Februarie hul jaarlikse karnaval. Behalwe die pretritte sal daar ook hope vermaak wees met ’n dans- en platejoggie-kompetisie. Felicity Buffel, Public Demand, Highly Contageous, Keenon von Willingh en Collinecia Hawker sal by die karnaval optree. Stalletjies kan bespreek word teen R450 per stalletjie.Toegang vir Vrydag is R15 (R12 vir kinders) en toegang vir Saterdag is R20 (R15 vir kinders). Vir navrae, skakel 021 869 8027.

* Dans. Die oudstudente van Paulus Joubert Primêr hou op 17 Februarie om 19:30 hul Valentynspiekniekdans in hul skoolforum. DJ Brent sal die gaste vermaak met musiek. Elkeen moet sy eie piekniekmandjie bring. Kaartjies is by die skool beskikbaar. Vir navrae, kontak Loretta Meyer by 021 862 3690.

*Dance. The Athlone House of Strength presents a dance on 17 February from 19:30 in the Paarl Town Hall. Kallie’s Dance Band will perform and the dress code is denim and diamonds. Tickets at R100 can be booked at 021 862 9983.

* VLV. Die VLV Wellington vergader op 16 Februarie om 09:30 te Wellington-Noord kerksaal. Velprodukte met ’n vrugtebasis word bespreek. Kontak Monica by 083 245 3265.

* Versiering. Die Koekversieringsgilde vergader op 20 Februarie om 17:15 in Laerskool Drakenstein se klubhuis. Paaseiers word gedemonstreer en alle skoliere is welkom. Kontak Juanita by 083 2649 834 of Belinda by 072 1858 797.

* Dienssentrum. Die Fyngoud Dienssentrum vir ouer persone hou op 24 Februarie basaar by die saal van die NG Moedergemeente in Wellington. Die dienssentrum bied ook aan ouer persone verskeie aktiwiteite soos oefeninge, kuns, naaldwerk en verskeie speletjies vir ouer persone aan. Elke Vrydag om 09:30 hou hulle ’n markdag waar allerlei eetgoed en vars groente te koop is. Vir navrae, skakel Janet Myburg by 021 873 4682.

* Uitstappie. Die Paarl-Wellington Vollies onderneem ’n uitstappie na Vredenburg en Club Mykonos op Saterdag 3 Maart. Die prys is R130 per kaartjie. Vir navrae, skakel Esau Jacobs by 072 405 4513.

* Skilderkursus. Die Kunsvereniging Stellenbosch (KVS) gaan ’n skilderkursus aanbied in die Idasvallei Biblioteek. Die bekende kunstenares Marieke Kruger gaan ’n vyf-weke skilderkursus aanbied vanaf 18 Februarie tot 17 Maart elke Saterdag vanaf 09:00 tot 11:30. Die koste beloop R400 vir KVS-lede en R450 vir nie-lede (materiaal uitgesluit). Vir enige verdere navrae, skakel 021 808 3668 of e-pos na kunsartstel@sun.ac.za.

* Talk. On 7 March from 09:00 to 11:00 there will be a talk and a demonstration with the theme ‘Laat jou vullis blom’ by Cobus Smit at the Pink Geranium. The talk is free, but booking is essential. For more information, contact Arné on 021 884 4313 or info@thepinkgeranium.co.za. Visit www.thepinkgeranium.co.za.

* Dance. Wellington High presents a picnic dance with the Strand Combo band on 16 March. Tickets at R70 can be booked on 021 873 6427.

 

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs