DIE Graceland Arts Ministry is op soek na vrywilligers wat bereid is om een keer ’n week te help klasse afrig in tromme, klavier, kitaar en blaasinstrumente.
Die klasse duur ’n uur en word aangebied by die Monte Christo Miqlat-sentrum (ou Tiffany’s) in Paarl-Oos.
Vir verdere navrae, skakel Henry Oktober by 071 257 9373.