Home / Outydse plante gesoek vir tehuis

DAAR word tans gewoel om die nuwe tehuis vir senior burgers wat leef met dementia in die Paarl in te rig. Dit sal bekend staan as Huis Ina Rens en open op 1 Maart.

Die huis is geleë te Zionstraat 11, langs die ACVV-ouetehuis Huis Vergenoegd, en Yolande Brand (arbeidsterapeut) tree op as die projekleier.

Daar word beoog om die tuin te beplant met plante wat ouer mense as kinders geken het.

Daar word gesoek na plante wat lekker ruik, lekker voel, verskillende tipes kruie waaraan hul kan proe, en die kontak wat hulle weer na hul kinderdae terugneem.

Hulle gaan ook ’n “magic garden” maak met verskillende voorwerpe uit die verlede, om inwoners se belangstelling te stimuleer.

Enigeen met geskikte plante/saailinge of iets interessants vir die tuin kan Lydia Corbett (maatskaplikewerker) skakel by Huis Vergenoegd by 021 870 3304 tussen 08:00 en 14:00.

Ope dae waar Huis Ina Rens besigtig kan word, vind plaas op 27 en 28 Februarie.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs