DIE afgelope twee maande het die huisbrake by wonings op Wellington geweldig gestyg.
Luit. Diana Linee het bevestig dat veral in sektor 3 (Berg- en-Dal, Uitsig, Ranzadale, asook Wellington-Noord), het huisbrake toegeneem.
“Ons doen ’n beroep op die inwoners van dié areas om te alle tye bewus te wees van hul omgewing en op die uitkyk te wees vir verdagte persone.”
* Moenie vensters en deure oop los nie.
* Moenie jou selfone, beursies en handsakke naby die voordeur of ’n oop venster laat nie.
* Veiligheidshekke moet te alle tye gesluit wees.
* Moenie in die tuin werk met jou voordeur oop nie.
* Bêre vuurwapens in ’n kluis.