News / Mathys Roets tree op

DIE bekende sanger Mathys Roets is op 9 Februarie in konsert by Festa-restaurant in Wellington.

Van sy ou musiek sal gespeel word sowel as musiek van sy nuwe CD, Rembrandt se meisie in die maan.

Die liedjies wat op geen van sy ander CD’s is nie is geskryf deur woordtowenaars soos Piet van Wyk de Vries, Danie Niehaus, André Swiegers en Nardus Nel én vir die eerste keer is daar een deur Mathys self.

Kom geniet ’n aand van goeie musiek en ’n heerlike tweegangmaaltyd. Die ete sal om 19:00 begin.

Kaartjies is R180 en sluit die vertoning sowel as ’n tweegang-ete in.

Bespreek by Anelma by 021 873 0075 of 021 864 0075.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 23° icon
JHB 3° - 21° icon
BLOEM 2° - 22° icon
DBN 15° - 26° icon
PE 10° - 27° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs