“VERSTOM” de Wet, ek en die ooggetuies wat my gekontak het nadat ek die sleutel van jou motor uitgetrek het, wil net noem dat jy, in jou poging om voor my in te draai in Oosboschstraat, byna my motor gestamp het.
Wat jy nie vertel nie, is die feit dat jy oor die geel hobbelstrepe by my verbygegaan het - dis heeltemal onwettig.
Jou CAW groen voertuig het presies regoor die motorhawe se uitgang gestaan. op die geel sperstrepe.
Wat jy ook nie noem nie, was my woorde aan jou “as jy nie ordentlik kan bestuur nie, moet jy eerder loop”.
Dit was nie rassisme nie, dit was ’n feit.
Jy praat ook nie oor die valse saak van aanranding wat jy by die polisie gemaak het teen my nie.
Mercedes-dame