Home / sms

)Paarliete kom by of leer bestuur! Daar’s niks fout met padtekens by Oosboschstraat. Kies jou baan reg, dan het jy geen probleem!

)Hoe is dit moontlik dat dit my smiddae ná vyf 40 minute neem van Sentraal-Paarl tot in Noorder-Paarl - geen grap nie!

)Dit is absurd dat laerskole Valentynsdag vier. Wat probeer hulle daardeur bereik.

)Dankie aan die 2 meisies wat my bankkaart by ’n winkel gekry en by my bank ingegee het. Julle het my baie ongerief bespaar. Liezel JvR

)Funeral kickbacks: a certain undertaker brags he will close down the others, because he knows everyone. I hope the investigation digs deep into hospital corruption.

)Ek is’n 60-jarige wat in Lantana by Nederburg Laer skoolgegaan het. En is tot vandag toe verskriklik trots om dit te noem. Maar jy wat by jou skool (Charleston Hill) inbreek, hoe sal jou gewete oor 40 jaar met jou praat?

)Ondersoek die portiers by die hospitaal wat begrafnispolisse verkoop.

)Ek is tans besig met my verdere studies en is dringend op soek na die handboek “’n Studentebenadering tot Inkomstebelasting-Besigheidsaktiwiteite 2011” (vakkode TXN 203-D). Kontak my by 078 779 7911.

)Ek het ’n kokketiel gevind naby Boland-stadion, Wellington. Bel my met beskrywing by 021 864 2255.

)Ouer, weet waar jou kind hom/haar bevind. Nog nooit het ’n kind by Paulus Joubert Primêr op ’n Saterdag atletiek moes oefen nie.

)Atletiek by PJ: Wys net hoe toegewyd daardie onderwysers is - los hul familie om by skool te wees. Trotse oud PJP-leerder. MIK HOOG.

)Ek wil ’n groot bos rooi rose op die lessenaars van al die dames by die Verkeersafdeling se bestuurslisensiehernuwings plaas vir skitterdiens! Dit word raakgesien!

)Die verkeersirkels in Newton is meer ’n probleem as ’n oplossing. Strate is so nou, niemand ry om die sirkels nie.

)I did not want to buy the Paarl Post last week as I did not want to know of the wickedness of the world we live in, but here I am with tears of gratitude for the Willem Jooste Nuwe Lewe na Hel story and Jong Samaritaan wat vir Loy geld gee omdat hy ’n goeie werk gekry het. What a beautiful world we do live in. Thank you for publishing these and other good sms’s.

) Paarl Munisipaliteit, Sondag 6 Februarie het ’n pyp gebars en julle diens was UITSTEKEND en VINNIG.

) Die skrywer van brief ‘Troue ’n klug’ weet nie wat naasteliefde is nie. Die oordeel kom u nie toe nie. Gun ander ook ’n plekkie in die son.

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs