Home / Eerste prys vir dié vasbyter-onkruid

DIT is nou al twee jaar dat ek die ongelooflike groei van onkruid op veral ons Hoofstraat se sypaadjies gedurende Desember en Januarie opmerk.

Die verskynsel laat ’n paar vrae ontstaan soos: is dit klimaatsverandering se skuld en watter spesie is die suksesvolste? Die een onkruid wat uitstaan bo die ander is ’n onderskatte plant met die naam Vaalskraalhans ook bekend as Radiatorbossie (coryza sumatrens oftewel tall fleabane in Engels) en wel om die volgende redes:

1. Die plant groei maklik langer as een meter hoog - ’n allemintige groei soos dié in een seisoen is al gereeld bevestig.

2. Vaalskraalhans lyk selfs op die warmste dae nog heel vrolik en is met bitter min water tevrede.

3. Die indringeronkruid maak ’n magdom saad wat dus nog vir ’n hele paar jaar werk sal skep. Hy laat hom ook nie sommer uittrek nie en breek eerder by die grond af. Die saad kan dus na baie tuine waai en gereelde grassny oorleef.

4. Te oordeel aan sy skraal lyf en die sentrale dele van die Paarl waar die kalant orals groei, is die plant uiters suksesvol om nie deur amptenare en raadslede raakgesien te word nie.

So ’n plant is merkwaardig en verdien na my mening die status van die mees suksesvolle onkruid in Drakenstein in 2011.

Vir verdere inligting oor dié ernstige onkruid in die asterfamilie afkomstig van Suid-Amerika, lees gerus ‘Probleemplante en indringeronkruide van Suid-Afrika’ deur Clive Bromilow.

 

Wim Gericke

 

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs