News / ‘Nuwe’ yskas gee my groot probleme

EK het in Oktober 2010 ’n groot LG yskas by Price ‘n Pride gekoop vir R3999, onder die indruk dat dit ’n nuwe yskas is.

Die verkoopsdame het aan my gesê daar is afslag, want die yskas is ses maande op die vloer en dié tipe yskas word nie meer gemaak nie.

Ná agt maande het die yskas se verkoeling verswak en ons moes vleis weggooi. Die rubbers van die yskas is ook klaar en dit lek water.

Ek het vir Cape Town Electric, wat die waarborg-hersteller van LG is, gevra om te kom kyk hoekom die yskas so sleg werk.

Hulle het gesê dat die yskas nie regtig herstel kan word nie, omdat dit ses jaar oud is, maar het die gas vervang. Hulle het genoem dat die yskas reeds in 2009 deur hulle herstel is by dié winkel, vermoedelik nadat ’n ander kliënt gekla het en die yskas teruggeneem is. Dus is dit nie meer onder waarborg nie.

Ek meen Price ’n Pride het die yskas aan my verkoop onder valse voorwendsels.

Toe ek by die winkel kla dat die yskas twee maande nadat Cape Town Electronic daaraan gewerk het, weer gas gekort het, sê hulle dat ek die yskas “voetstoots” gekoop het.

Daarna het ek by die streekbestuurder gekla en hulle het teensinnig die gas aangevul, maar gesê daarna kan hulle nie verder help nie.

Dit is vir my skokkend dat hierdie winkel, wat glad nie tweedehandse ware verkoop nie, my so ingeloop het, en nou niks daaraan wil doen nie.

Ek wil my geld terughê, of minstens ’n nuwe yskas uit die boks.

 

Audie Diedericks, Paarl

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs