SOOS die afgelope 21 jaar word daar weer volgende week ’n loopbaanuitstalling in die Paarl aangebied.
Die loopbaanuitstalling vanjaar word gereël deur Kringspanne 2 en 3 van die Kaapse Wynland Onderwysdistrik in samewerking met die Paarlse Tafelronde.
Hierdie suksesvolle loopbaanuitstalling het verlede jaar ongeveer 50 uitstallers getrek.
Leerders van graad 10 tot 12 sal Dinsdag die uitstalling vanaf 09:00 tot 13:00 volgens ’n voorafbepaalde program in georganiseerde groepe besoek.
Ander leerders wat nie in georganiseerde groepe kom nie, asook lede van die publiek, word aangemoedig om vanaf 14:00 tot 17:00 by te woon. Woensdag begin die uitstalling om 08:30 en duur tot 13:00.
Vir verdere inligting kan jy die organiseerder, George Groenewald, by 021 860 1226 of 083 2351 502 skakel.