Home / Donkie-deskundige besoek Paarl

VROEG in Maart geniet die Paarl ’n blitsbesoek deur ’n veearts wat erken word as een van die mees kundige persone in die wêreld oor donkies.

Dr Andrew Trawford is die hoof van die veeartseny-span by die Donkey Sanctuary in Devon in Engeland. Hulle is betrokke by die welsyn van donkies oor die hele wêreld, maar veral in armer gebiede waar die donkie dikwels die enigste middel van vervoer is.

Dr Trawford werk gereeld in lande soos Indië, Egipte, Kenia, Ethiopië, Mexiko en Ciprus. Hy is in die Wes-Kaap op die uitnodiging van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary op McGregor.

Op Maandag 5 Maart bied dr Trawford ’n werkswinkel buite die Paarl aan wat gemik is op donkie-eienaars en almal wat belangstel in die welsyn en die versorging van donkies. Hy sal kyk na kwessies soos voeding, hoefsorg, mediese sake en sal ook praat oor effektiewe maniere om donkies te hanteer.

Later op dieselfde dag bied dr Trawford ’n werkswinkel en bespreking aan oor tropiese siektes in perde en donkies. Dit is daarop gemik om veeartse, telers en ander met ’n belangstelling in siektes soos Afrika Perdesiekte te betrek.

Die twee kursusse word albei aangebied by die Drakenstein Veeartseny-sentrum op die R301 tussen Pearl Valley en die Drakenstein-gevangenis. Die oggend-werkswinkel is van 09:00 tot 14:00 (die R50 fooi sluit ’n ligte middagete sowel as ’n toer van die fasiliteite by die sentrum in).

Die werkswinkel in die aand (18:30 vir 19:00) is gratis. Besprekings word aanbeveel en kan gemaak word by Annemarie by die Donkey Sanctuary op 023 625 1593 of e-pos by info@donkeysanctuary.co.za.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs