WEENS die groot aanvraag vir studies aan Boland Kollege se Paarl-kampus gaan klasse uitgebrei word na laatmidag en saans.
’n Verdere inname van studente word aanvaar tot Vrydag. Hierdie klasse gaan hoofsaaklik gedurende die middag vanaf 15:30-17:30 en vanaf 18:00-20:00 aangebied word (vier vakke per semester.)
Die programme wat aangebied word, is Bemarkingsbestuur N4, Menslike Hulpbronbestuur N4, Publieke Bestuur N4, Finansiële Bestuur N4 en Bestuursassistent N4. Beurse is beskikbaar aan studente wat aan die kriteria voldoen.
Vir meer inligting, kontak vir Irene Toerien by tel 021 872 3156 of irenet@bolandcollege.com