Home / Blitskrieket Paarl se voorland

PAARLIETE kan maar in die volgende paar weke hulle harde hoede opsit (vir die sesse) vir wanneer die MiWay T20-krieket ook hier in die Boland vir groot vermaak gaan sorg. Die kompetisie skop volgende Woensdagaand om 18:00 af wanneer die verdedigende kampioene, die Nashua Mobile Cape Cobras, teen die New Age Impi’s speel.

Bolandpark-stadion het vroeg in Januarie uit sy nate gebars toe die Proteas vir Sri Lanka afgestof het, en die bestuur van Boland-krieket hoop dat krieketgeesdriftiges weer in hulle duisendes na Bolandpark-stadion sal stroom.

Die tweede wedstryd vind op Sondag 26 Februarie plaas, waar die Cape Cobras die Sunfoil Dolphins aanvat. Dit is ’n dagwedstryd wat om 14:30 begin en word ook op die TV uitgesaai.

Die derde wedstryd vind op Sondag 11 Maart plaas wanneer die Cape Cobras teen die Chevrolet Knights speel. Dit is ook ’n dagwedstryd wat om 14:30 begin.

Die kaartjiepryse is (graswalle - R40, studente R30 en skoliere R20 en sitplekke R50) kaartjies is beskikbaar by die hekke, by die Boland Krieketkantore en by Postnet in Hoofstraat.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs