Home / Wen kaartjies vir Bakkes-Broers

DIE Bakkes-Broers, skrywers Johan Bakkes en Christiaan Bakkes, se Woord-en-wyn-ete op Kanonkop is die eerste US Woordfees-produksie wat uitverkoop vanjaar.

“Die lekker ding van die Woordfees is dat die ouens wat kom luister, saam met ons wíl kuier. Ek hou van die konsep ons hou nie konsert nie, dis ’n paar manne wat lekker om ’n braai kuier, gesels en snoek eet,” vertel Johan Bakkes van die Paarl.

Johan gesels vrolik oor sy broer, veldkenner en bewaarder in die Kaokoland en oor sy reise saam met boesemvriend Kalie Kirsten, saam met wie hy al menige avonture oor ’n bottel wyn beplan het.

Die onlangste hiervan was ’n treintoer in Siberië, deel van Johan se missie om op elke trein in die wêreld te ry.

Behalwe vir Woord en Wyn is Johan en kleinboet Christiaan ook te sien in Die formidabele Bakkes-Broers, waar hulle elk ’n splinternuwe boek kom bekendstel, en in Storievuur, ’n baie gewilde instelling op die feesprogram.

Kaartjies vir die ander Bakkes-vertonings verkoop flink; diegene wat nog ’n sitplek om die vuur by De Vette Mossel wil bekom, moet spring.

Vir die volledige Woordfeesprogram, besoek www.woordfees.co.za; kaartjies is by Computicket.

) Twee gelukkige lesers van Paarl Post kan kaartjies wen na Die formidabele Bakkes-Broers op 9 Maart om 18:00 in die Boektent. Om in aanmerking te kom, stuur ’n e-pos met “Bakkes-Broers Paarl Post” en jou kontakbesonderhede na woord@sun.ac.za voor Maandag 20 Februarie. Wenners sal per e-pos verwittig word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs