) Dans. Vrydag bied Dalweide Primêre Skool ’n Valentynsbal aan in die skoolsaal. Die band All Sounds sal sorg vir lekker musiek. Kaartjies teen R80 kan bespreek word by die skool by 021 868 1901. Daar sal ook pryse te wen wees.
)Die oudstudente van Paulus Joubert Primêr hou Vrydag om 19:30 hul Valentynspiekniekdans in hul skoolforum. DJ Brent sal die gaste vermaak met musiek. Elkeen moet sy eie piekniekmandjie bring. Kaartjies is by die skool beskikbaar. Vir navrae, kontak Loretta Meyer by 021 862 3690.
) Athlone House of Strength hou hul dans Vrydag vanaf 19:30 in die Paarl stadsaal met Kallie’s Dance Band.
Die tema is denim and diamonds. Kaartjies teen R100 kan bespreek word by 021 862 9983.
)Die Boeremusiekgilde se Boland-tak hou ’n Valentynsdans op 24 Februarie met die orkes van Arthur van Zyl aangebied by Laerskool Noord-Eind.
Toegang is R30 (R40 vir nie-lede). Vir navrae, skakel 083 346 7083.
)Dienssentrum. Die Fyngoud Dienssentrum vir ouer persone hou op 24 Februarie basaar by die saal van die NG Moedergemeente in Wellington. Die dienssentrum bied ook aan ouer persone verskeie aktiwiteite soos oefeninge, kuns, naaldwerk en verskeie speletjies. Vir navrae, skakel Janet Myburg by 021 873 4682.
)VLV. Die VLV Wellington vergader op 16 Februarie om 09:30 te Wellington-Noord-kerksaal. Velprodukte met ’n vrugtebasis word bespreek. Kontak Monica by 083 245 3265.
) Die VLV Klein Drakenstein vergader op 22 Februarie om 09:30 by die ou Klein Drakenstein skooltjie waar Erika Wynjeterp van die klub Die Flukse Vingerhoede sal praat. Sy is ’n ywerige naaldwerkentoesias wat gretig haar kennis deel om mense te inspireer om naaldwerk, borduurwerk en ander handewerk te doen. Skakel Ilse Kriel by 021 863 3243.
) Meeting. The annual general meeting of the Paarl Valley Eisteddfod will be held on 28 February at 18:00 at the Frank Pietersen Music Centre in Sanddrift Street, Paarl. They call for nominations of interested individuals from the private/public sector and civil society to serve on the board of directors of the Paarl Valley Eisteddfod. Contact Abie Martin on 083 474 1210.
) Uitstappie. Die Paarl-Wellington Vollies onderneem ’n uitstappie na Vredenburg en Club Mykonos op 3 Maart. Die prys is R130 per kaartjie. Vir navrae, skakel Esau Jacobs by 072 405 4513.
) Talk. On 7 March from 09:00 to 11:00 there will be a talk and a demonstration with the theme ‘Laat jou vullis blom’ by Cobus Smit at the Pink Geranium. The talk is free, but booking is essential. For more information, contact Arné on 021 884 4313.
)Bernie and friends. An evening with singer Bernie and friends will be held on Friday 24 February at the Historium at the Taalmuseum in Paarl at 19:00. Book your seat with Bernie on 078 391 2243.
)Bierfees. Saterdag word op die Harmony-landgoed buite Klapmuts ’n bierfees aangebied vanaf 12:00 tot 19:30 met optredes deur die rockgroep Stepdog en Johannine asook nuwe opkomende kunstenaars.
Kom geniet die dag in die skuur of bring ’n piekniekkombers en sambreel en geniet die heerlike plaasatmosfeer en uitsigte buite op grasperk.
Daar sal ’n verskeidenheid van kos- en drankstalletjies wees om te geniet.
Toegang is R50 by Wilma Strauss (082 859 5860) of R60 by die hek (gratis vir kinders onder 15).
)Fraternal. The Paarl Ministers’ Fraternal will be meeting on Thursday 23 February from 10:00 to 12:00 at Graham Taff’s Full Gospel Church in Orleans Avenue.
There will also be a corporate gathering of congregations linked to the fraternal at Light and Life Church in Rose Street on 4 March at 18:30.