Home / Hulp bring haatskrywers

DIE hulp wat die kontroversiële kardioloog, dr Wouter Basson, aan 60 kinders van die Paarl bied, het ’n vlaag van haatskrywers ontketen.

Amado het haat-pos ontvang, nadat dit in ’n Kaapse dagblad aan die lig gekom het dat dr Wouter Basson as gasspreker optree by ’n fondsinsamelingdinee vir dié liefdadigheidsorganisasie. M’lani Basson bedryf reeds vyf jaar lank Amado.

Sestig gestremde kinders van Ligstraalskool in Paarl-Oos ontvang weekliks hiér perdry-terapie. Maar nadat dié koerant verlede week hieroor berig het, het veral akademici M’lani erg aangevat.

Dr Basson, ’n wê was die afgelope jare in die kollig weens sy bydrae tot die voormalige regering se projek vir biologiese en chemiese oorlogvoering in die 1980’s.

Nadat hy in 2002 in die hof vrygespreek is van 67 klagtes teen hom hieroor, gaan ’n tugverhoor van die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) teen dr Basson volgende maand voort.

Dr Basson word beskou as een van die top kardioloë in Suid-Afrika.

Op die vraag waarom sy hierdie kontroversiële persoonlikheid as gasspreker gekies het, sê M’lani dat benewens die feit dat hy my pa se lewe gered het, hy ’n uiters goeie spreker is.

“Ek het die keuse gehad om Christo Wiese of dr Basson te kry om as gasspreker op te tree vir ons dinee. Ek het juis dr Basson gekies omdat ek iets alternatief wou aanbied en omdat hy ’n baie interessante lewensverhaal het.”

M’lani het beklemtoon dat daar geen familieverwantskap is tussen haar en dr Basson nie.

“Diegene wat my nou kritiseer, besef nie hoe Amado sukkel om kop bo water te hou nie. Wat vir my die belangrikste is, is om die deure van ons sentrum oop te hou. Ons verander baie kinders se lewens, maar op die oomblik weet ons nie waar die fondse vandaan gaan kom om vir petrol in ons voertuig om die kinders te gaan haal nie. Ons wag al ses maande lank om terugvoering van die regering te kry vir fondse. Lotto het aan ons gesê dat hulle nie fondse uitbetaal tot 2014 nie.

“Dit is ’n permanente stryd om fondse in te samel en beteken dit dat so ’n kontroversiële figuur ons hiermee help, laat dit so wees.”

En waaroor gaan dr Basson praat? “Uit die hart uit,” sê M’lani.

Die Amado-dinee vind Saterdag 25 Februarie plaas by Pontac Manor in die Paarl. Kaartjies vir die formele manne- aand is R500 en sluit in ’n driegang-maaltyd en ’n eksklusiewe veiling wat onder meer diamante, ’n Tag Heuer horlosie en luukse vakansieverblyf insluit.

Skakel 083 604 4037 vir besprekings of besoek www.amado.co.za.

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs