DIE wenners van die 2012 Wellington Klopsekompetisie, die Superstars, tree Saterdag om 19:30 op in ’n piekniekkonsert by die Tuinteater van die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg.
Die program sluit in optredes deur die Superstars en hul koperblaasorkes, hul nuwe langarm-orkes én solo-optredes. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of ’n mandjie te bestel teen R170 vir twee persone (021 863 2800).
Daar sal ’n biertuin wees en geen eie drank word toegelaat nie. Kaartjies teen R30 (R10 vir kinders, gratis vir kinders onder 6 jaar) is by die hek beskikbaar en vooraf op weeksdae by die Taalmuseum in Pastorielaan of by die Taalmonument.
Skakel 021 872 3441. Twee lesers staan ’n kans om elk ’n dubbelkaartjie te wen. Epos die antwoord op die volgende vraag sowel as jou naam en kontak- besonderhede na kommunikas ie@taalmuseum.co.za. Wie is aangewys as die wenner van die Drakenstein Klopsekompetisie 2012?