Home / Stap teen kanker

DIE jaarlikse deurnag-staptog, die Cansa Relay For Life Paarl, vind vanjaar op 17 en 18 Maart by die Boy Louw-sportterrein plaas.

Die Cansa Relay for Life is ’n deurnag-spanbyeenkoms wat terselfdertyd ook die bewusmaking van kanker bevorder en fondse genereer om kanker te bestry.

Tydens die Relay For Life onderneem spanne van 10 tot 15 vriende, families, of kollegas om ten minste een lid te alle tye rondom die baan te laat loop, aangesien kanker nooit slaap nie.

Die sukses van hierdie projek gaan nie net oor die fantastiese gees, pret en plesier wat deur deelnemers en besoekers ervaar word nie, maar ook oor daardie persoonlike verbintenis, wat jou siening oor kanker en die lewe totaal kan verander.

By hierdie geleentheid onthou ons diegene wat reeds die stryd teen kanker verloor het en vier ons die lewe saam met elke kankeroorwinnaar. Kom word deel van dié geleentheid en help om ’n verskil te maak.

Kontak Minette by 021 870 1355.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs