OP Saterdag 18 Februarie tree die plaaslike Jazz- en Swingsangeres, Muldene Holloway, by Die Bôrdienghuis-teater in Wellington op. Kaartjies is R50 per persoon.
* Op Vrydag 24 Februarie is dit die klassieke sanger, Fanie de Jager, se beurt om vir die eerste keer in Wellington op te tree. Kaartjies is R80 per persoon. Besprekings kan gedoen word by 082 812 1112. Onthou om jou eie eetgoed saam te neem.