News / Gimmies vat voor in atletiek

TYDENS die derde Prestige Atletiekbyeenkoms tussen Paarl Gimnasium, Paul Roos en Bloemhof (BloemRoos) en DF Malan verlede Vrydag op Coetzenburg het die Paarliete stof in die ander atlete se oë geskop en uiteindelik 978 punte opgestapel.

Bloemroos het in die tweede plek met 949 punte en DF Malan met 566 punte geëindig.

Behalwe die wentrofee (vir die 2de agtereenvolgende jaar) het Gimnasium ook 6 ander trofeë verower. Die trofeewenners was Alexa Haasbroek (dogters o.14), Bryan Buitendag (seuns o.14), Suzaan Jacobs (dogters o.17), Alwyn Lombard (seuns o.17), Felrie Oettlé (beste prestasie in ’n velditem dogters - hamergooi) en Jan-Louw Kotzé (beste prestasie in ’n velditem seuns - skyfwerp).

Altesaam 170 Gimnasium-atlete het deelgeneem en weggestap met 38 derde-, 48 tweede- en 53 eerste plekke.

Die Paarliete het ook behoorlik onder die rekords gemaai. In die dogtersafdeling het Alexa Haasbroek (o.14 - 90 mH 14,13 en 300 mH 47,7) en Jané Lambrechts (2de plek), Andrea Moolman (o.15-spiesgooi 33,78, Ami Claasen (o.15- hoogspring 1,55, Heike Marais (o.17-spiesgooi 32,32, Christine Bosch (o.17 800 m 2:20:42, Laura Labuschaigné (2de 2:21:15), Laura Labuschaigné (o.17 1500 m 4:59:1), Nielke Matthee (skyfwerp 39,20) en Felrie Oettlé (o.19-hamergooi 42,97).

In die seunsafdeling het Wian van Zyl (o.14 100 m 12,1), Bernard Swart (o.14-skyfwerp 47,60 en gewigstoot (2de plek) 12,570, Keenan Abrahams (o.15 100 m 11,5), Gustav Marais (o.17-spiesgooi 63,16), Alwyn Lombard (o.17 400 m 49,70), Dylon Fairbridge en Lombard verbeter ook albei die 100 m rekord in die 2de en 3de plekke (11,0 en 11,1s).

Jan-Louw Kotze (o.19-skyfwerp 57,77m en gewigstoot 16,85).

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs