Hierdie Saterdag (18 Februarie) vind die Sentraal Boland atletiekbyeenkoms vir laerskole op die Dal Josafat-stadion plaas. Die byeenkoms begin 09:00.
Tweestryde soos tussen Justin Isaacs van Paarl Primêre Seunskool en Curtley Davids van Magnolia Primêr in die 100 m en 150 m vir seuns o.12-naellope sal van die hoogtepunte wees.