Home / Krieket-telbord

Tiere se tweede span wen liga

Young Peoples se tweede span het Saterdag op Daljosafat die ligatitel in die sakkie toegeknoop met sy bonuspuntoorwinning oor Malmesbury.

Met die aanvang van Saterdag se wedstryde was Vredenburg/Saldanha net 2 punte agter Peoples II, maar die Tiere se derde span het die klub ’n reuse guns bewys deur die sterk Weskus-span in hul agterplaas te gaan pakgee.

Peoples II het eerste gekolf op Vredenburg en danksy vasbyt-beurte deur Dean Hendricks (38), Stanton Kamalie (26) en Marlin Carolissen (21) ’n skaflike 192 lopies op die telbord gesit.

Vredenburg het kom kolf en is deur skitterende boul- en veldwerk onder druk geplaas. Hendricks het ’n skitterende veelsydige vertoning gelewer en 3/28 met die bal ingeoes. Hy is goed ondersteun deur Carolissen met 3/29 en die vissermanne is vir 173 uitgeboul om Peoples die oorwinning met 19 lopies te verseker.

Peoples se tweedes het op Dal- josafat benoud na die weer gekyk en sy wedstryd teen Malmesbury het eers ’n uur later begin, en tot 45 beurte verkort. Die Koringboere het eerste gekolf en 167/8 op die telbord geplaas.

Die Tiere se kaptein, Torra Damonse, het 3/21 ingeoes en goeie ondersteuning van Jarred Cupido (2/14) en Kurt Martin (2/14) gekry.

Peoples het die teiken met mening begin jaag en met die reënwolke wat weer dreigend begin saampak het, deurentyd teen 8 lopies per beurt gekolf. Melvyn Jackson (78), Tom Ross Fortuin (28 nun) en Wade October (31 nun) het binne 21 beurte die manne van Malmesbury makgeslaan en sodoende die nodige bonuspunt ingeoes.

 

Paarl-Oos wen met laaste bal

GMT Paarl-Oos het verlede Saterdag teen Wellington/CPUT in ’n Twintig/20-wedstryd met die laaste bal die knoop deurgehaak.

Wellington/CPUT het eerste gekolf en 112/6 aangeteken. Paarl-Oos het met die laaste bal die wenlopies van113/7 aangeteken.

Die beste kolwers van die Paarliete was Elroy Abrahams (35 3x4 1x6), Waylin September (26 3x4) en Alfriedo Adams (22 3x4 1x6).

Die boulers wat uitgeblink het, was Jade Adams (4-0-31-2), Zynodene Fredericks (4-0-13-2) en Waylin September (4-0-29-2).

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs