By die PMW-atletiekbyeenkoms (La Rochelle, Hoër Landbouskool Boland, Swartland, Hugenote en Worcester Gimnasium) wat onlangs by Daljosafat plaasgevind het, het die Larries nie minder as 61 medaljes (23 goud, 25 silwer en 13 brons) ingepalm.
Die Larries het 8 nuwe rekords opgestel en het ook die bekers vir beste prestasies in o.14 (Tanya Schuurman) en o.15 (Angeline Smit) verower.
Die atletiekkapteins, Anya Carosini en Anne van Schalkwyk, het die Interskolebeker in ontvangs geneem.