Home / Sportdagboek

) KRIEKET

* Paarl I speel Saterdag tuis teen Hermanus I in ’n Twintig/20 wedstryd en Paarl III speel teen Easterns IV (tuis). In ’n 50-boulbeurt wedstryd speel Paarl II weg teen Malmesbury II.

* Eerskomende Saterdag speel GMT Paarl-Oos I teen Young Peoples op die Daljosafat-velde in ’n Twintig/20-wedstryd. Hulle feesdans is op 30 Maart.

* Drakenstein Edu-krieketklub se oefentye is Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Labori Hoërskool. Kontak Butch Green by 073 136 2713.

* Inligting oor Young Peoples-krieketklub se “Old Boys Klub” kan met Graham Rooks by 079 796 3336, Trevor Davy 082 497 3884 en Mervin Alexander 074 180 8890 bespreek word.

* Saterdag speel Paarl-Oos III teen Bergrivier II op die New Orleans-velde.

* Young Peoples hou ’n steakbraai op Saterdag 18 Februarie vanaf 13:00 by Daljosafat. Kaartjies is by die lede beskikbaar.

) RUGBY

* Allandale-rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae by Drakenstein Gevangenis om 18:00.

* Young Peoples se voorseisoen-program is op Maandae tot Donderdae vanaf 18:00 op die Daljosafat-stadion.

* Alle Paarl-klubs wat belang stel om ’n Boksmart-kursus te voltooi, kan vir Aslam Abrahams by 083 234 3988 skakel. ’n Minimum van 15 persone word aanbeveel en die kursus sal op Woensdagaande aangebied word.

* Albions oefen Dinsdae en Donderdae op Daljosafat (18:00 tot 19:30). Hulle speel op 25 Februarie teen Newton Villagers (weg), op 3 Maart teen Franschhoek United (tuis), 17 Maart teen Windmeul United (weg) en op 24 Maart teen Paarl Rangers (Boy Louw-velde). Op 30 Maart speel die klub in ’n Tien-aan-’n-kant-toernooi wat deur Standards aangebied word. Die klub hou ook ’n gholfdag (inskrywings beskikbaar) op 26 Februarie en belangstellendes kan Morné skakel by 076 592 5369.

* Roses United se oorblywende vriendskaplike wedstryde is 18 Feb - Moorreesburg (Pelikaanpark), 25 Feb - Belhar RFC (Newton) en 3 Maart - Newtons (Newton). Oefensessies (18:30) is elke Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag op Pelikaanpark. Kontak Rupert Appolis by 083 497 5542.

* Young Gardens se algemene jaarvergadering is verskuif na 20 Februarie by Paarlzicht Primêr om 19:30. Die trekking en bepalings vir hul jaarlikse Sewes-toernooi vind plaas op 18 Februarie om 09:00 tot 11:30 by Paarlzicht Primêr. Alle deelnemende klubs se afrigter en kaptein met ’n klubtrui moet teenwoordig wees vir foto’s. ’n Afrigtingskliniek vir “Sewes” sal ook aangebied word. Vir navrae, kontak Mario Williams 021 870 10 81 (w) 082 380 2680, Davey de Kock 021 864 8029 (w) 078 395 8736 of Dewayne Davis 021 864 8152 (w) 084 581 6661 kontak.

* Windmeul het begin met oefensessies op Dinsdae en Donderdae om 19:00. Die jaarvergadering is vanaand om 19:00. Hul uitkloprondes word op 4 Maart by Windmeul Primêr gehou. Kontak vir Jannie Williams by 083 627 9576.

* Vineyards het sy 2012 seisoen se voorbereiding reeds begin by Daljosafat. Kontak vir Aslam Abrahams by 072 399 2514.

* Paarl Rangers oefen reeds op Dinsdae en Donderdae op Daljosafat.

* Riverstones se oefeninge het reeds begin. Hulle vriendskaplike wedstryde is op 10, 17, 24 en 31 Maart. Skakel vir Sammy Paulse by 079 627 2999 of Jessica Sampson by 079 016 3716 vir meer inligting.

* Franschhoek-rugbyklub se ledevergadering verskuif vanaf Club le Roue na die Groendal-sportgronde op Dinsdae ná die kluboefening.

* Villagers Newton het reeds met die voorseisoen-oefenprogram begin. Die oefeninge gaan op Dinsdae, Woensdae en Donderdae om 19:00 by Villagerspark by Newton plaasvind.

* Newton-rugbyklub hou ’n Valentynsdans op 17 Februarie by die Wellington-stadsaal. Dit kos R80 p.p. en Interlude (Worcester) verskaf die musiek. Kaartjies is beskikbaar by die spelers. Kontak Carmen Engelbrecht by 071 142 3038. Dié klub se oefenkamp vind hierdie naweek plaas .

* Violets oefen elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 by Paulus Joubert Sekondêr. Die klub speel op 10 Maart ’n vriendskaplike wedstryd teen Pniel Villagers (weg) en op 17 Maart teen Kylemore (weg). Op 24 Maart hou die klub sy oefenkamp ter voorbereiding vir die seisoen. Die klub is ook nog op soek na ‘n vriendskaplike wedstryd op 3 Maart. Belangstellendes kan vir Ashley Raubenheimer kontak by 078 786 1999.

Op 24 Februarie hou Violets ’n hoenderbraai teen R35 by Grebestraat 36 (Kenneth se woning ) om 17:00. Vir navrae, kontak die voorsitter.

* Blues hou hulle oefeninge elke Dinsdag en Donderdag om 18:30 by die New Orleans-velde. Kontak vir Sohail Morris by 083 308 2955 vir meer inligting.

* Die interim-bestuur van die Western Cape All Blacks Supporters Club, onder leiding van Trevor Seconds van Mosselbaai, beoog om op Saterdag 17 Maart (11:00) ’n vergadering by die Drakenstein Hotel in Paarl te hou. Skakel met Shirley Maart by 044 693 4042, 082 084 49555 of stuur ’n epos na shummie.maart@gmail.com vir meer inligting.

Skakel vir Gerard van der Vent by 021 464 3611 of 076 017 7168 of gvdvent@businesspartners.co.za vir inligting oor die stigting van All Black-ondersteunersklubs.

Wellington CPUT se rugbyklub se oefeninge is op Dinsdae en Donderdae om 18:30. Hul proewe word op 18 Februarie gehou. Skakel met Hennie Mouton 078 577 9130 of Sakkie Vermeulen by 083 285 7782 vir meer besonderhede. Op 3 Maart speel hulle ’n vriendskaplike wedstryd teen Helderberg. Die liga begin op 10 Maart teen Vredenburg (weg).

Wellington CPUT-rugbyklub se wynveiling is op 24 Februarie by die Hugenote Laerskool-saal. Andries Vermeulen tree op en bekende rugbyspelers soos Rob Louw, Werner Greeff en Schalk Burger (senior) tree op. Tafels kan bespreek word teen R3500. Elke tafel ontvang ook twee getekende Wellington-rugbyklub 100 Jaar-boeke. Skakel vir Dolf Stemmet by 083 303 0960 vir meer inligting.

) NETBAL

* Die Paarl-netbalklub se oefeninge het reeds begin. Dit word elke Dinsdag en Donderdag om 18:30 op die Boland-bane in die Paarl aangebied. Kontak vir Bennie Zaayman by 083 462 6311 of Annelie Lukas by 083 377 2232 vir meer inligting.

) KARATE

* Die Shorin-Ryo Sebukan Karate-Do karateklub oefen elke Dinsdag en Donderdag in Wellington by Flaminkstraat.

) STOEI

* Die Paarl-stoeiklub se oefeninge vir 2012 vind plaas elke Dinsdag en Donderdag in die Paarl-ontspanningsklubsaal in Du Toitstraat, vanaf 18:00 tot 19:30. Die eerste Boland-oefenkamp is reeds op Saterdag 11 Februarie, die eerste kursusse vir afrigters en skeidsregters op 18 Februarie en die eerste kompetisie op 25 Februarie. Skakel met Johan Jordaan by 072 385 6510 vir meer inligting.

) GOLF

* On 29 March Du Plessis Motors will be hosting a fundraiser golf day in aid of Sunfield Homes Wellington. The tee-off time is at 10:00 and the costs are R265 per person or R1 060 for a 4-ball at the Wellington Golf Club. Contact Du Plessis Motors, 62 Church Street, Wellington no later than 20 March. Call 083 460 3395 or 021 873 3838.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs