News / Tavernes kry nou tien Kaapse wyne

’n NUWE wynonderneming wat plaaslike wyne bemark is onlangs bekend gestel.

Saint Danté Joint Venture is gevorm tussen The Lads Wines van die Paarl wat sowat tien wynprodusente verteenwoordig en die South African Liquor Traders Association (SALTA). SALTA verteenwoordig 4 500 lede, almal eienaars van restaurante, tavernes, leefstylsentrums en soortgelyke kuierplekke in die groot metropolitaanse gebiede van Suid-Afrika. Die president van Salta is Saint Madlala.

Saint Danté is, na intensiewe navorsing en samesprekings tussen al die rolspelers in die Kaapse wynstreek sowel as SALTA se verbruikersmark, gestig om uitgesoekte kwaliteit wynkultivars van bepaalde wynplase in die Wes- en Noord-Kaap se wynstreke te identifiseer, te bemark en beskikbaar te stel aan SALTA se lede.

Saint Danté is ook verantwoordelik vir die opleiding van werknemers sowel as gebruikers van wyn in SALTA-lede se tavernes.

Die wynkelders betrokke is Boland (Cappuccino Pinotage), Blaauwklippen (Cabernet Sauvignon), Imbuko (Pomula Spritzer tipe wyn), Longridge (Red Blend), Orange River Winery (Rosé), Raats Family Wines (Cabernet Franc), Simonsig (Mr Borio Shiraz), Swartland (D’Vine ’n rooi versnit), Ten Chapters (Lekker! ’n vonkelwyn) en Villiera (Method Cape Classique Tradition rosé).

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs