Home / Bekende Paarliet skielik oorlede

’n BEKENDE Paarliet, Stephanie Redelinghuys (75), is Sondag onverwags in die Paarl Mediclinic oorlede, nadat sy Donderdag ’n klein operasie ondergaan het.

Sy het aanvanklik goed herstel, maar het weens komplikasies ná ’n bloedklont op die long gesterf.

Redelinghuys was alombekend as ’n energieke gemeenskapsmens.

Sy was die eerste vrouevoorsitter van die Boland Kamer van Koophandel en was ook vroeër voorsitter van Paarl Toerisme.

Sy was baie betrokke by die Vriende van die Biblioteek waar sy haar veral beywer vir ’n beter perseel vir die biblioteek. Dié biblioteek het verlede jaar getrek na ’n groter perseel in Markstraat..

Op die ouderdom van 72 het sy ’n boek gepubliseer oor die lewe van haar kunstenaardogter Michelle, wat aan bi-polêre gemoedsteurnis gely het en tragies oorlede is in ’n motorongeluk.

Sy was ’n gereelde spreker by publieke geleenthede om mense in te lig oor die probleme van mense wat aan hierdie vorm van depressie ly. Daarvoor het sy verlede jaar ’n medalje ontvang van die SA Federasie vir Geestesgesondheid.

Sy word oorleef deur ’n seun Eddie, dogters Stephanie (de Jager) en Miki, en agt kleinkinders, asook twee susters, Annette Schneider van die Paarl en Desirée du Toit van Langebaan.

Die begrafnisdiens is vanmiddag om 15:00 in die Toringkerk.

 

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs