VERSKEIE Drakensteiners wat die afgelope week aan die moordende Absa Cape Epic (781 km) deelgeneem het, het hulle goed van hulle taak gekwyt en drie van die bergfietspare het in hulle onderskeie kategorieë goeie resultate behaal.
Die verdedigende kampioene Burry Stander (Suid-Afrika) en Christoph Sauser (Duitsland) van 36One-Songo-Specialised span het in 2012 weer skoonskip gemaak. Hul wen altesaam vyf van die sewe skofte en bly die Absa Cape Epic-kampioene in ’n tyd van 31:46:50,5.
Die Samaritan’s Feet-span van Dennis du Toit en Noel Droomer het in die meestersafdeling selfs op twee van die skofte derde geëindig en op die ou einde vyfde in hul kategorie geëindig, met 213 wat begin het en 165 wat dit suksesvol voltooi het. Hulle het algeheel in die 38ste plek geëindig. Hul tyd was 40:06.20,5.
Futurelife se Franso Steyn en Petrus Malherbe het in die mansafdeling 24ste in hul kategorie geëindig en 27ste algeheel.
Hul tyd was 38:07.26,6.
In die gemengde afdeling het broer en suster Alberto en Joritha Prins drie top-10 posisies behaal, (CPR-span) 11de geëindig en 181ste algeheel in ’n tyd van 48:17.05,1.
Ander deelnemers was Erik Knoetze en Dawie de Villiers (meesters - 120ste en 387ste algeheel in 57:52.00,2), Stephan Gous (meesters - 169ste en 243ste algeheel in 43:30.01,8), Andries Aucamp (mans - 130ste en 207de algeheel in 49:16.37,8), Johan Malherbe en Natie Ferreira (meesters - 60ste en algeheel 212de in 49:52.15,4), John Randal (gemengde - 13de en 202de algeheel in 48:54.54,7), Michiel Scharrighuisen (mans - 227ste en 397ste algeheel in 58:12.15,6), Lieb Loots (meesters in 45:03.21,7), John Swanepoel en Werner Joubert (mans - 55ste en 754ste algeheel in 42:29.09,3), Bossau Boshoff (mans - 221ste en 386ste algeheel in 57:51.10,3) en Ryal de Waal (meesters - 21ste en algeheel 114de in 44:59.08,3).