TWEE groot sporttoernooie is die afgelope week in die Paarl gespeel.
Gimnasium het 'n toernooi vir o.16 rugbyspanne aangebied, met hokkie sowel as netbal daarby.
Gim se o.16-span het teen Garsfontein en Grey Kollege verloor.
By Boishaai was daar 'n o.15 rugbytoernooi wat ook deur 'n groot aantal skole bygewoon is.
Boishaai se span het vir Menlopark, Waterkloof en Jeppe geklop.