Tydens die onlangse St John’s Paasnaweek-rugbyfees het Hoër Jongenskool Paarl al drie hul wedstryde gewen.
In hul laaste wedstryd teen Waterkloof het Dante van der Merwe die wendrie in die tweedelaaste minuut gedruk. Die eindtelling was 19-18.
HJS het ook teen ’n Engelse toerspan gespeel (Lord Wandsworth) en met 72-0 gewen. Hoërskool Nelspruit was die derde teenstander en die Paarliete wen 30-5.