Privaatsak X01Windmeul,7630
Hier ontvang ons seuns hul hoërskoolopleiding op 'n Bolandse plaas, waar hul nie net kennis maak met die hoof landboubedrywe van die Wes-Kaap nie, maar deel in die besondere atmosfeer van samehorigheid wat hier heers. Bolanders presteer op vele terreine, maar die belangrikste is die feit dat elke seun hier tot sy volle potensiaal kan groei.