Schools / Laerskool Gimnasium Primary
Laerskool Gimnasium Primary
Phone: 021 872 4505
Postal Address:
Die skool is amptelik op 12 Januarie 1858 deur ds. GWA van der Lingen gestig. Gimnasium het in 1964 in twee afsonderlike skole verdeel.
Die laerskool word in die historiese Gimnasiumgebou gehuisves, terwyl die hoërskool op die eertydse plaas, Dammetjie, ‘n nuwe skoolgebou betrek het. Die eerste dogters is ook in 1964 tot die skool toegelaat en die koshuis, Huis McFarlane, se eerste sooie is kort daarna gespit.
In 2006 open Huis Kalahari Visser sy deure vir gr. 8- koshuisleerders.
Gimnasium is 153 jaar oud in 2011 en georganiseerde sport word al sedert 1902 by die skool beoefen.
By Gimnasium word ‘n volk se kosbaarste besitting, sy kinders, opgevoed deur roepingsbewuste onderwysers wat hul ten doel stel om die leerders se talente, geestelik, intellektueel sowel as liggaamlik, te ontwikkel as ‘n waarborg vir die toekoms.