Privaatsak X3013
Gimnasiumstraat
Paarl
In Januarie 1924 is met private klasse in die gebou van die Paarlse Onderwyserskollege begin. In 1927 is die private klasse, wat hoofsaaklik handelsvakke aangebied het, vanaf die Paarlse Onderwyserskollege na die destydse Hoërskool Gimnasium verskuif.
Op ‘n bestuursvergadering in Maart 1929 word gerapporteer dat die destydse plaaslike tak van die Helpmekaarvereniging die woning en erf van mnr. J.H. Neethling (Neethlingshof) vir R4 800 (£2 400) ten behoewe van die skool aangekoop het. Op die perseel is die latere Hoër Handelskool Paarl opgerig.
Die amptelike opening van hierdie skool is waargeneem deur dr. D.F. Malan, destydse Minister van Onderwys en later Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika.