Posbus 655,
Wellington,
7654
Leuse:
NET DIE BESTE.
Visie:
Hugo Rust het gelukkige leerders, ouers en opvoeders.
Missie
By Die Laerskool Hugo Rust is dit ons erns:
Om toe te sien dat alle rolspelers medeverantwoordelikheid vir ons visie aanvaar; Om Christelike norme en waardes te bevorder; Om deur effektiewe onderrig en leer die leerders te lei om hul Godgegewe talente te ontdek en in totaliteit te ontwikkel; Om onderrig deur medium van Afrikaans te laat plaasvind; Om met ons akademiese, kulturele en buitemuurse program voortdurend na uitnemendheid te strewe; Om leer by elke leerder teen sy/haar eie tempo te laat plaasvind; Om leerders met toepaslike lewensvaardighede toe te rus; Om die leerders te leer om gesag en dissipline tuis, by die skool en in die gemeenskap te aanvaar en sodoende selfdissipline te kweek; Om binne 'n atmosfeer van liefde by die leerder 'n gesonde selfbeeld, selfrespek en respek vir ander te kweek; Om gesonde verhoudinge te kweek; Om maksimum ouerondersteuning en betrokkenheid aan te moedig; Om behulpsaam te wees met die kulturele en sosiale ondersteuning van die gemeenskap; Om 'n dinamiese, professionele en gelukkige personeelspan te bou.
Met ons oë op God gerig en ons visier gestel op die toekoms, wil ons elke skooldag met 'n glimlag benader.