Wednesday 22 October 2014
Home / Features / Opleiding vir ’n loopbaan in die polisie

’n UNIEKE geleentheid vir persone met matriek, wat hulself wil bekwaam met die nodige kwalifikasies vir ’n loopbaan binne die Polisie, Metropolisie, Justisie, Sekuriteit en private veiligheidsorganisasies bestaan nou in Wellington.

Dié nuwe “HJN Training Academy”, te Kollegestraat, bied die Nasionale Sertifikaat in Polisiëring en die Nasionale Diploma in Polisiëring.

Hierdie polisie-kwalifikasies is nou nog meer as ooit tevore toeganklik vir diegene wat in die Veiligheidsbedryf belang stel.

Die eerste jaar vakke sluit onder andere in wetgewing, etiek, professionele optrede, fisiese fiksheid, skietkuns, misdaadondersoek, misdaadvoorkoming, dissipline en veel meer.

Tydens die tweede jaar word vakke soos misdaadbestuur, operasionele bestuur, bestuur van openbare onrus en praktiese opleiding soos selfverdediging, arrestasie, deursoeking, ondervraging, misdaadtonele en so meer aangebied.

Daar is studiegelde betaalbaar en daar kan ook by finansiële instellings aansoek gedoen word vir lenings. Hierdie kwalifikasies is geakkrediteer by Sasseta.

Aansoeke sluit 29 Februarie en klasse begin 8 Maart.

Tydens ’n ope dag (ouers welkom) op 17 Februarie om 15:30 te Kollegestraat, Wellington, kan meer inligting verkry word.

Vir navrae, kontak Myra le Roux by 072 335 5440 of myraleroux@hotmail.com of Amorie Koopman by 076 606 9281.

Verdere inligting is ook te kry op die webwerf www.hjn.co.za.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
National Nutrition Week
Would you go on a Banting diet?
I'm on one and see and feel a great difference!
I believe in eating everything in moderation.
I think Banting is dangerous and must be stopped.
I eat what I want and don't have body issues.
top
bottom