Saturday 20 December 2014
Home / Loopbaanuitstalling vir almal!

’n Goeie loopbaan begin met goeie voorbereiding!

Die jaarlikse Loopbaanuitstalling vir hoërskoolleerlinge word op 27 en 28 Februarie in die Paarlse Stadsaal aangebied. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir leerlinge en hul ouers om meer inligting te verkry oor verskeie opleidingsinstansies en geleenthede regoor die land.

Die Loopbaanuitstalling word aangebied deur die Kaapse Wynland Onderwysdistrik in samewerking met die Paarlse Tafelronde en die Kaapse Loopbaanuitstallersvereniging. Die uitstalling vir gr. 10, 11 en 12 vind op Woensdag 27 en Donderdag 28 Februarie deur die loop van die oggend plaas.

Lede van die publiek, ouers en leerlinge word uitgenooi om die uitstalling te besoek op Woensdagmiddag 27 Februarie vanaf 14:0017:00.

Vir navrae, bel Corneil Claassen by 0218601224.

Moenie hierdie gratis geleentheid misloop nie. Dit is dalk jou kans om die loopbaan van jou drome te ontdek!

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Eskom, load shedding, power crisis
Do you think SA's power problems can be fixed?
Yes
No
top
bottom