Thursday 02 October 2014
News / Feesseisoen eis vier lewens

Terwyl meeste vakansiegangers op die strande baljaar en ander die feesseisoen saam met familie en vriende deurgebring het, moes sommiges onverwags geliefdes groet.

Dit kom nadat 114 mense tussen 1 Desember en 7 Januarie op paaie in die Wes-Kaap gesterf het.

Die syfer vorm deel van die 1376 mense wat in dieselfde tydperk in botsings regoor die land dood is.

In die Paarl is drie mense die afgelope feesseisoen in botsings op paaie in en om die dorp dood.

Op 21 Desember is ’n man van Paarl-Oos, Charlen Wagner (29), dood toe hy op die N1 tussen Jan van Riebeeckrylaan en Ceciliastraat, vermoedelik weens ’n gebarste band, beheer oor sy motor verloor en die motor op sy dak beland het.

Sy babaseun, Chadley (18 maande), wat saam met hom, sy vrou en dogter in die motor was, is die volgende dag dood.

Charlen se vrou en dogter is na bewering met ernstige beserings na onderskeidelik die Tygerberg- en Rooi Kruis kinderhospitaal in Kaapstad geneem.

Op 23 Desember is Michael Tealethe van die plaas Bergsig op die R44 tussen Paarl en Wellington dood ná ’n botsing tussen sy Toyota Corolla en ’n Coca Cola-vragmotor. Volgens ’n woordvoerder van Paarl-polisie, het die Corolla en die vragmotor albei in die rigting van Malmesbury gery.

In ’n derde voorval is Fayaad van Wyk op 2 Januarie omstreeks 21:00 dood in ’n trompop-botsing tussen ’n swart Yaris en ’n groen Mercedes Benz op die R44 reg oorkant Nelson’s Wine Estate.

Klagtes van strafbare manslag word deur die Paarl-polisie ondersoek.

)’n Vrou van die Paarl, Monica Bradbury, is dood nadat sy vermoedelik voor ’n aankomende trein ingeloop het. Die voorval het op 7 Januarie omstreeks 14:55 op die treinspoor naby die Bergrivier Boulevard plaasgevind. Volgens ooggetuies het die trein vir die vrou probeer waarsku deur op die toeter te blaas, maar dit was tevergeefs.

* At least three people were killed in car accidents around Paarl during the festive season.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Crme stats
Are the crime stats a true reflection of crime?
Yes
No
top
bottom